Skip to content

Appeltert Vir Aandete

March 2, 2014

ImagegIn In die ou dae…dis die tema van meeste van my skryfstukkies dìe maand. Hoekom? Want ek verlang. Ek verlang na my kinderdae toe alles eenvoudig was. Jou ma, wat ‘n tuisteskepper was of “home executive” soos die ingelse se, het jou sewe-uur by die skool afgelaai. En met aflaai bedoel ek die kar netjies tussen die wit lyne voor die skool se klein hekkie parkeer, saam jou tot by jou klassie gestap en jou ‘n klapsoen met daai BerryBreeze ge-lipstickte lippe van haar gegee. Deesdae beteken aflaai om ses-uur skuins oor die grasperk te stop (want die parkering is “under construction”), jou vinnig op die wang te soen en die deur oop te maak met daai fancy outomatiese deur knoppies. Jyt skaars uitgeklim of jou ma spin daar weg dat die rooigrond se stofwolk so hang soos een van daai John Wayne Wild Wild West films…sy spin want soos 99.9% van hedendaagse mammas, is sy nie meer ‘n tuisteskepper nie, maar ‘n top verkoopskonsultant by een van die land se grootste tupperware maatskappye en moet self reeds sewe-uur op haar pos wees…ja, mammas help deesdae potjie krap…

Die ou dae…

Dis die dae wat jy by die huis gekom het van die skool af en moeder vir jou ‘n bovril saarmie en koppie tee gemaak het, of ‘n paar visvingers gebak het en jy letterlik die krummeltjies uit jou bord opgelek het.

Vandaar die Appeltert vir Aandete. Ek wil graag weet, hoeveel ander mammas is daar wat nou voltyds werk, en hoe benader julle die spyskaart ding om te sorg dat jou familie goed gevoed is, maar met die minste moeite moontlik…die ou dae…dis die tema van meeste van

Advertisements

From → Uncategorized

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: