Skip to content

Die Daisy en die Brief

March 2, 2014

Dit het alles begin toe jy Groot Skool toe gegaan het. Die laaitie wat jy na jou sewende verjaasdag partytjie toe genooi het, besluit toe hy like jou en na ‘n gegons en giggelry saam met sy drie “punk” buddies, besluit hy om jou hare te trek. Hoe anders moes hy jou aandag kry? Die liefde maak seer word daar gesê…

 

Dis Valentynsweek by Laerskool Watokal en jy en Vetsak bevind julleself in Graad 6. Daai dae se Standerd 4. Die maak-of-breek jaar want dis gedurende dìe tyd wat hulle mos prevêks kies. Vetsak het darm nou al ‘n paar pitte tussen die ore gekry en sy strategie so bietjie verander.

Deesdae trek hy nie meer jou hare nie. Nee. Hy gooi jou met papier vliegtuigies in die klas en sou jy die moeite doen om een oop te maak, sou jy sien dis hy wat sy hart daarin uitstort. Maar jy steur jou nie daaraan nie. Want dis Vetsak en niemand like Vetsak nie. 

 

Die aand van die prysuitdeling, agt maande later, koer die graad ses meisies behoorlik op die stoepe saam. Almal wonder wie die volgende hoofmeisie gaan wees. Gaan dit jy, Amanda van Zyl wees, of daai netbal tert. Die Hoofdoel…Driekie Koekemoer.

 

Mnr Hatting roep jou naam uit en jy is verstom, maar nie verbaas nie. Jy’t vir geen oomblik getwyfel dat dit jy gaan wees nie. Hoe anders? Jy’s die gewildste meisie in die skool. Almal love jou. Selfs die onnies.

Na die prysuitdeling staan jy saam met jou mede leiers in ‘n groepie voor die verhoog en wag julle vir julle beurt om fotos te neem. So klein outjie, jy skat hom so graad 2, kom na jou toe aangestap en gee ‘n briefie met ‘n geel daisy-blom daarby vir jou. “Dis van Gerhard af” sê hy. “Wie de dinges is Gerhard”, wonder jy. Die briefie lees so: Liewe Amanda. Maak nie saak wie hulle vanaand as Hoofmeisie kies nie, jy sal altyd die Hoofmeisie van my hart wees.” Liefde. G.

 

Die papier waarop dit geskryf is, het vuil vingermerke op en die aand se hitte het die geel blommetjie verlep. “Sies man”, en jy dompel dit net so in die naaste asblik, onbewus dat Vetsak jou van ‘n afstand af dophou, sy vuiste in balle geklem en sy gesig rooi van woede. Gerhard se hart klop al vir so lankImage tjoklits vir jou, en dit maak hom bitterlik seer om jou afguns so openlik te staan en aanskou…

 

Die oogklappe van selfsug verblind Vetsak se liefde vir jou en soos ‘n vlinder sweef jy regdeur graad ses en sewe. Van Vetsak het jy nie weer na daai aand gehoor nie en op ‘n aand in Oktober 1997 staan jy weer op die verhoog en kyk hoe mnr Hatting die volgende Hoof Leiers aankondig. Die keer is dit die Tennis Koek wat wen. Maar jy het ‘n saak met wie okal wen want jy’s klaar met standerd 5! Good riddance.

 

September 1998…

 

Groentjie-konsert was amazing want jy was die ster. Na jou Phantom Of The Opera klavier vertoning het die gehoor minute lank applous en op daai stadium kon die lewe nie beter gewees het nie! Jy’t jou buiging gemaak en afgestap wagklas toe om reg te maak vir jou volgende optrede saam jou klas as ‘n groep.

“Wie’s daai handsome hunk” vra Chantelle, jou beste vriendin, en wys na die groot, lank en gespierde donkerkop ou wat met sy twee ietwat korter vriende naby die klasdeur staan en gesels. “Ek’t geen idee nie”, antwoord jy en kam verder jou hare uit sodat sy dit kon vleg. Maar probeer soos jy wil, kon jy nie jou oë van die ou af hou nie, hy was ongelooflik aantreklik.

 

In groepies van vier staan julle nou op die verhoog. Twee seuns en twee dogters per groep. Julle doen ‘n dans op Aqua se “Barbie Girl” wat julle al maande lank oefen en op die move waar Ken voor Barbie neerval op sy knee, snak jy na jou asem. Dis weer hy! Die donkerkop hunk! Jy kan skaars jou steps onthou en kyk kort-kort na Chantelle om te sien of jy nog reg dans. Barbie Girl kon nie vinnig genoeg ge-eindig het nie of jy’s met die verhoog trappe af na buite toe. Jou kop sak agteroor teen die yskoue baksteenmuur van die saal neer en jy probeer diep en kalm asemhaal. “Ag dit is sommer snert die man” dink jy en stoot jouself van die muur af weg. Nes jy die laaste trappie van die stoep aftrap, hak jou hakskoen aan jou rok vas en verloor jy jou balans. Vanuit nêrens gryp ‘n paar sterk arms jou en lig jou soos ‘n veertjie weer terug op jou voete.

 

“Hallo”, se die vreemdeling. “Is jy ok?” Jou tong plak aan jou verhemelte vas en jou hande voel soos Marshmallows in syne. Maar voor jy kan antwoord, se hy: “Jy’s mos Amanda. Lyk nie of jy my kan onthou nie. Ons was saam in Laerskool Watokal. Ek is Gerhard.” No way, dink jy. Kan nie wees nie. Vetsak? Maar jy besef nie dat jy die laaste gedeelte hardop sê nie en Gerhard smile net. “Ja” sê hy, “the one and only.” ‘n blonde meisie kom by dieselfde verhoog trappe afgestap en omhels Vetsak liefkosig. Netbal Tert knik vir jou oog en hulle stap hand-aan-hand daar weg…

 

Met geen benul hoe jy daar terug gekom het nie, loop jy soos in ‘n dwaal weer die wagklas binne om jou goed te kry. Jy sal sommer by die huis uittrek besluit jy en vat jou tas en musiek boek. Toe val daar iets uit die boek en eers wil jy net aanstap en dit daar los, maar ‘n verlangse bekende vingermerk vang jou oog en jy tel dit op. Dis Vetsak se vuil, eens opgevrommelde brief, en saam dit, die nou droë daisy…

Advertisements

From → Uncategorized

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: