Skip to content

Die Dom Karwag

March 3, 2014

Dis elke keer se storie as jy dorp toe gaan: Jy draai jou kar se neus by die parkeer area in en ry stadig die ry op, opsoek na parkering. Dan verskyn daar ‘n man met ‘n neon vest aan en kom jy en jou Yaris tot stilstand.

 Vir omtrent ‘n hele minuut staar jy en Karwag mekaar aan…soos in die cowboy flieks waar die twee mans in die middel van die dorp staan en wag vir twaalf-uur…en mekaar dan goed vol gate skiet. 

Ja, so staan jy en Karwag vir mekaar en kyk. Want hy kèn jou. Jy’s die ongeskikte hoenderhen wat niks like as hy jou wil vertel waar om te stop nie. En vir jou is hy net die poepol wat geld soek. Vir wat? Jou kar is fine. EN jy’t Netstar. So who cares oor die karwagte en hulle stupid geel bippies? “Get a life broer” dink jy en begin jou Yaris stadig vorentoe stoot. Karwag beweeg nie. Hy’s al goed getrain. Ken jou elke move, maar jy’s beter en kry dit tog uiteindelik reg om verby hom te kom. 

Volgende ry. Niks parkering. 

5 rye later is jy terug in Karwag se territory. Hy staan arms gevou vir jou en kyk, ‘n skewe, wrede glimlag op sy mond, want hy weet wat kom. Jy sou nie terug in sy ry gewees het, as jy nie desperaat was nie. 

‘n Uno trek uit en skuldig trek jy jou kar in sy plek in.

“Môre mev, ek sal hom mooi oppas” se die wag sarkasties en beduie vir ‘n ander kar on uit te trek.

“Dom drol” dink jy en ignoreer hom. Jyt ‘n afspraak by die fisio op die boonste vloer en het nie nou tyd vir sy twak nie. 

Haastig stap jy fisio toe en spandeer ‘n halfuur ontspannend op jou rug, onbewus van die drama buite in die parkeer area.

 

3 gewapende mans het ‘n rooi kar se ruit uitgeslaan en die gps, radio EN laptop gesteel wat oop en bloot op die sitplek gele het, en een was al besig om die drade te “hot-wire” toe Karwag en 5 ander karwagte daar verskyn. Menlyn se eie Musketeers.

 

Teen die tyd wat jy met jou soepel, slap en ontspanne lyfie daar aangewals kom, was als al uitgesorteer en die polisie is gebel. Dis net blouligte waar jy kyk en 2 groot mans lê op die grond by die polisie bakkie.

“Mev”, se die karwag, “die Polisie is ontbied nadat dìe 2 mans jou kar probeer steel het.”

 Die ander een het weggekom, maar ek’t hom agtenagesit. Hier is jou handsak.”

 

Die vernedering en skaamte is so groot, jy weet nie waar om jou kop in te druk nie. Twee polisie vrouens kom vat jou verklaring en jy bel jou versekering. First For Women. Want mans is mos poepolle…of so het jy daai tyd gedink. Nooit gedink dit sou ‘n man wees wat wel eendag jou kar red nie.

 

Na nog ‘n uur se gewag daag die versekering uiteindelik op met jou courtesy kar en handig jy Yarissie, wat vol gate geskiet is, se sleutels aan hul oor. Al jou belangrike goed is oorgepak in die Corsa wat hulle vir jou gestuur het.

 

Nes jy Corsa wil klim, vang die neon van Karwag se bippie jou en voel jy dadelik weer skuldig. Jy klim uit en stap na hom toe, ‘n ystervuis om jou hart geklem.

 

“Mnr, ek wil net dankie se vir al jou moeite vandag. Was dit nie vir jou en jou kollegas se brawe dade nie, was ek dalk nou kImagearloos.”

“Ag dis niks mev” smile hy. “Ek doen net my werk.”

 

Weer wil die trane kom maar jy sluk hulle terug en maak jou beursie oop, haal ‘n R200 noot uit en druk dit dankbaar in sy verstomde hande. Dan draai jy om, klim in Corsa en ry weg…maar in die spieeltjie sien jy hoe Karwag nogsteeds verstom na sy hande kyk.

 

Karwag was die held van die dag, maar R200 sal nooit kan terugbetaal vir wat hy vandag gedoen het nie. 

Dit sal ook nie jou aaklige houding van die afgelope vyf jaar kan regmaak nie.

Advertisements

From → Uncategorized

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: