Skip to content

DOOD IN DIE WINKEL

March 7, 2014

 “Flippen bratt”, dink jy en wens jy kon die kerrie-krulkop vyf-jarige met jou trollie uit die aarde stamp. Too bad haar sumo-wrestler ma en oorgewig papsak pa is in die omtrek. Anders was sy nou tickets. Pad-pizza…

“Skies tog”, vra jy geirriteerd, maar tog beleefd en Papsak kyk jou aan asof jy die onmoontlike vra. Sumo steur haar nie aan jou nie en staar net verder met haar brilletjie op haar neus na die verskil tussen Housebrand tuna en John West se ietwat duurder maak. 

Nes jy gedink het neek sy tien blikke Housbrand in haar trollie en waggel drie treë verder na die bully-beef rak toe. Dit lyk kompleet of hulle shop om ‘n army te voer. G’n wonder die goed is so dik nie. Dis net Coke, tjoklits en chips waar jy kyk.

 Brat suig al te lekker aan haar “man-sized” stokkielekker en die sappies loop behoorlik soos heuning by die kante van haar mond af, en tot jou ontsteltenis, so ook op haar klere, skoene en ag nee sies, jy wil liewer nie verder kyk nie…Nee hel, vandag se ouers het ook geen skaamte meer nie. Nie dat jý kids het nie, maar jòu kinders sal definitief in hulle lewe nooit so vuil winkel toe gaan nie. Ook nie sweets eet nie. Of Coke drink nie.

“Wonder of hulle vandàg nog gaan loop”, dink jy, maar uiteindelik waggel die drie blobbe verder en kan jy ook by die tuna uitkom. 

Twee blikkies John West beland netjies in die hoek van jou trollie langs die tamatieslaai en mineraal water.

 

Dit was ‘n moeilike nag by die hospitaal. Dit is asof die hele land se ouer gaardes vergadering gehou het, en besluit het om gelyk vir hulle heup en knieg vervangings te kom. Die Geriatric Convention by Royal King David Hospitaal. Gratis ingang vir tagtig-jariges en bo.

 

Maar in elkgeval, so is jy toe net na saal rondtes haastig daar uit, in jou Fiesta geklim in na die naaste Pick-n-Pay toe gery om gou jou slaai goedjies te kry voor jy Planet Fitness toe sou gaan. Shop vir tamaties, blaarslaai en water vat toe langer as wat jy gedink het. Te danke aan die drie tuinslakke van vroëer…

 

“Suster, suster!” kom ‘n winkel klerk aangehardloop. “Kom help gou!”.

 “Damnit” dink jy, moes jy nou juis vandag van alle dae gekies het om dit met jou uniform by die winkel in te waag. Jy weet mos hoe mense raak as hulle sien jy’s ‘n suster.

Tog is jou werk jou trots en jy’t ‘n eed afgele. Mensdom eerste.

Haastig agtervolg jy die klerk en so twee rye vorentoe sien jy ‘n paar Croc-voete by ‘n ry uitsteek.

“My man, my man!” skree Sumo. Arme Kerrie staan geskok na haar pa se lewelose lyf en staar, die taai suigstokkie op die vloer in stukke gebreek soos sy hom laat val het.

Jy beveel die winkel-klerk om Kerrie weImageg te vat en om nooddienste te ontbied, val op jou knee langs Papsak neer en ruk sy hemp oop. Jou maer vingertjies voel-voel na daai bekende hoekie waar die nek en kakebeen bymekaar kom. Geen pols! Shibbit! Jy hou jou oor naby sy mond maar hoor en sien ook geen tekens van aktiewe asemhaling nie. Kliniese tekens van ‘n hartaanval. 

 

Die bestuurder van Pick n Pay kom met ‘n noodkussie aangehardloop. 

“Mnr, kry asb hierdie skare mense hier weg” sê jy en beduie na die nuuskurige winkelgangers wat na jou en Papsak staan en staar. Bewerig zip jy die noodhulp-tassie oop en kry die asemhalings-aparaatjie wat ‘n barrier tussen jou en papsak se mond gaan wees.

‘n Hele halfuur doen jy KPR op die man, maar naderhand kan jou arms dit nie meer hou nie en papsak wil net nie bykom nie. Jou stokkie-arms sukkel om behoorlike kompressies op die vet man te doen, maar jy gee nie een oomblik op tot die nooddienste uiteindelik daar opdaag en kom oorvat nie. Jou sykouse is deurgeskuur by die knee soos jy langs hom gestaan het, en trane van frustrasie brand jou oë. Die paramedics het intussen oorgevat, maar dit voel of jy van ‘n brug af kan spring. Jy’t nog nooit ‘n pasient verloor nie, en dit was duidelik dat Papsak klaar dood was. 

Saggies help die klerk van vroëer jou weer op jou voete en staan julle twee en kyk hoe hulle Papsak nou op die ambulaans stretcher laai om weg te vat. Sumo is buitebeheer en histeries agterna en vergeet heeltemal van arme Kerrie in die bestuurder se kantoor. 

 

Pick n Pay se bestuurder lei jou na sy kantoor toe en julle is altwee verbaas om daar in te stap en arme Kerrie nog daar te sien sit, ogies bloedrooi gehuil.

 

“Is my pappa ok tannie?” vra sy meer volwasse as vir haar vyf jaartjies. Warm sout-trane loop by jou wang af en nie jy OF bestuurder weet wat om te se nie. Al waaraan jy kan dink is om langs haar te gaan sit en die taai sweetie-handjie in joune te vat…

Advertisements

From → Uncategorized

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: