Skip to content

Pizza En Bier

March 14, 2014

 Dis nie die eerste keer nie. Inteendeel, teen dìe tyd moes jy al gewoond gewees het daaraan, maar nog eenkeer, kan eenkeer te veel word.

Jou werk as ‘n suster by ‘n besige privaat hospitaaltjie is baie veeleisend. Meeste aande werk jy tot sewe-uur en kom dan eers na agt by die huis.

 Tog is jy gelukkig en werk soms ook half-dag. Soos vandag. Vrydag. Einde van die maand.

Jy stop jou ou krok van ‘n volla agter die aitsa Bmw in die driveway en grinnik. Huh! Manlief is weer vroeg by die huis. Jy laai maar jou pakkies, werksak en bietjie inkopies uit die kar uit en sukkel die paadjie op huis se kant toe. Niemand sal tog uitkom om jou te kom help dra nie. Nee wat, jy’s mos net die wit ousie in die huis.

 Van vêr af al hoor jy die televisie. Kliphard. Supersport. En weet sommer wat vir jou wag.

Na werk was jy gou Checkers toe om ‘n paar goedjies vir aandete te kry, en is dit nou al na vyf.

 Die groceries, pakkies en werksak word sommer netso by jou voete neergedompel en grou jy in jou handsak vir die voordeur se sleutels. Vader alleen weet hoekom die deur in elkgeval gesluit moes word. Maar nou ja.

 Soos jy die sleutel in die gat draai begin jou woede opbou, want jy kan tot hier hoor wat op die tv aangaan. Rugby. En pappie is duidelik nie alleen nie. Te oordeel aan die luidrugtige toejouery en geskreeuery in die sitkamer.

 Jy tel die pakkies voor die deur geïrriteerd op, stap in, en neek sommer die deur met jou voet agter jou toe. Kliphard. Asof die boysclub in die sitkamer jou kan hoor met die ref wat so hard telling hou. Etsebet het sopas nog ‘n drie gedruk.

 “Hallo Johan,” groet jy jou man vanuit die eetkamer, maar hy hoor of sien jou nie.

 So staan jy nog ‘n rukkie met jou hande huisvrou-style in jou sye tot een van sy half-dronk chommies jou gewaar en Johan in sy sy stamp. “Viswyf is hier,” fluister hy vir Johan, eintlik hard genoeg vir jou om te hoor.

 Pappie draai in die bank om, arm oor die lening. Oë bloedbesope. Die res steur hulle nie aan jou nie en suip en skree net verder.

 “Hallo my ding,” en hy waai vir jou met ‘n bottel Blacklabel in die hand.

“Lekker gewerk?” Dan draai hy terug en kyk die game verder. 

“Liefde loop weer dik vanaand,” dink jy.

 Kyk, teen die tyd is jy smoorkwaad en kan tien katte kraam, maar sê niks nie. Loop net kombuis toe en smyt alles in die yskas, wat driekwart vol bier is. Elke getroue rugby ondersteuner se stapelvoedsel. Maar jy is nou gatvol. Klaarblyklik het Pappie en sy kroos klaar geëet. Een kyk na die sitkamer en pizzabokse en bierbottels orals sien lê.

 Oor aandete gaan jy nou nie verder worry nie en klim die trappe twee-twee op kamer toe, trek jou uniform uit en tap vir jou ‘n lekker Radox-borrelbad. Te hel met daai klomp boemelaars in jou sitkamer. Jy gaan nou relax.

 Die partytjie in jou sitkamer duur tot laat voort en jy’t al begin insluimer toe pappie met sy bier-asem hier langs jou kom inkruip het. Meer sImageoos ‘n slang ingesyl.

 Volgende oggend 6uur word jy vroeg wakker en wou net uit die bed uitklim toe jy aan ‘n blinkplan dink: jou ma.

 “Engel,” probeer jy dronkgat wakker maak.

“Engel,” kom ons gaan vir die dag na my ma toe, asseblief?” en loer vir hom met jou helder potblou onskuldige ogies. 

 

Net soos Lazarus uit die dood uit opgestaan het, word dronkie skielik wakker toe jy Ma se naam noem. 

“Ag nee my skat, kan ons nie ‘n ander keer gaan nie?”

Nog so paar minute kerm en kla jy tot Johan uiteindelik vang wat aangaan. 

 “Ok skat, wat wil jy hê?” Dit laat jou glimlag. Nou’t jy hom presies waar jy hom wil hê, in jou greep.

 “Wat van ‘n lekker ontbyt, waarna jy die sitkamer springclean, skottelgoed was en asblikke almal uitgooi?”

Skattie trek homself moeg en lam op, gooi sy bene uit die bed en soek sy boxers. Stap dan al plonk-plonk en swaar gemoed by die trappe af om te begin. 

 Wat ‘n man nie sal doen om sy skoonma te vermy nie. Jy smile en lê rustig terug met ‘n boek. 

 

Vandag gaan ‘n lekker dag wees!

Advertisements

From → Uncategorized

2 Comments
  1. Oom Wayne permalink

    Hahaha was hierdie ‘n vorige gebeurtenis in jou lewe, of praat jy namens alle vroue lol?

    • Hahaha nee mnr, alles wat ek hier post is opgemaak. Storietjies wat ek uitdink. Maar as dit by mans kom is dit so maklik om te weet hoe julle koppe werk!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: