Skip to content

Die Ballerina en Die Brandweerman – Deel Twee

 Shaun stop sy bike voor die brandweerstasie, gryp sy sak en hol in. Laat, na ‘n lang af-naweek by Sun City, maar uitgerus en reg vir die week.

“Yes kwagga, wat sê jy?” groet hy vir Mike, sy beste vriend en mede vuurvegter, by die storte.

Mike was ‘n yslike man. Gedoop Gentle Giant omdat hy so sterk en gespierd was, maar met die sagste hartjie van al die brandweermanne.

Shaun en Mike het op teenoorgestelde skofte gewerk, Shaun dagdiens en Mike nagdiens, maar dit het hulle nie gekeer om elke moontlike af tydjie saam by die bar te sit en kuier nie. Mike is nou twee jaar getroud en jonger as Shaun, wat nog enkellopend was.

 

“So Shaun, wanneer vra jy Mariska om te trou? Julle is nou al twee jaar aan en af saam. Wat gaan aan? Dis tyd dat jy settle, en ophou om die arme girl so aan ‘n lyntjie te hou. Jy raak nie jonger nie. Wat, 40?” spot Mike vir Shaun.

“Vyf-en-dertig jou aap. En jy weet hoe ek voel oor trou Mike. Wat help dit? Ons werk is te gevaarlik. Ek wil nie verlief raak, trou en kinders kry met die wete dat ek hulle dalk eendag sal moet alleen agterlaat nie. Dan vry ek liewers in die bondel. No strings attached. En baie lekkerder,” knik hy vir Mike oog.

Mike klik net sy tong en droog verder sy hare af.

Hy was skaars klaar aangetrek toe hulle die noodklok en afkondiging hoor: Die Staatsteater is gebom. Alle moontlike noodpersonneel moet so gou as moontlik daarheen haas om te gaan help.

Shaun en Mike kyk mekaar verslae aan…die STAATSTEATER?! Wat de hel? Dit kan nie wees nie! Hulle kry dan ewe skielik lewe soos die adrenalien begin pomp en hardloop saam lockers toe om hulle gear te gaan kry, jaag wa toe en bondel saam met die res van die span in. Dìt alles binne vyf-minute.

 Kabelo, die drywer, skakel die enjin aan, so ook die serene en jaag dan by die jaard uit staatsteater se kan toe.

                                 ***

“Meisie, meisie! Hallo! Kan jy my hoor?” 

Jou lyf is lam, pap en seer. Die gevoel in jou bene is heeltmal weg en jy kan nie eers jou tone voel nie. Met ‘n kopseer van hel probeer jy jou oë oopmaak, maar jou ooglede plak swaar teen mekaar vas. Alles is so ongelooflik seer en styf en jy is verward, verstaan nie waar jy is of hoe jy daar gekom het nie.

 “Sy kom by!” hoor jy iemand skree.

“Mej, mej kan jy my hoor? Ek is Shaun van Staden, Sentraal brandweer. Jy was in ‘n ernstige bomontploffing betrokke. Wat is jou naam?”

“Waar is ek?” vra jy, meteens bewus van die sterk, warm steekpyn in jou rug. “Eina!”

Jy probeer regop sit maar twee sterk hande keer jou. “Wag mej, ek’t hulp ontbied, lê net stil, hulle is oppad.” 

Jy sak moedeloos terug op die harde sement neer. Sovêr kan jy net jou arms beweeg, en voel nou aan jou kop. Die bolla van vroëer is al lankal uit preporsie uit. Orals in jou deurmekaar hare is harde stukke klonte. Semi-droë bloed, maar dit het jy nie toe geweet nie.

 “Hoekom kan ek nie my bene beweeg nie?” vra jy hees.

 “Moenie nou oor jou bene bekommer nie mej. Wat is jou naam?”

 “Michelle” antwoord jy terug en probeer weer jou oë oopmaak. Die skerp lig van Shaun se helmut-liggie skyn in jou oë en jy skadu hulle met jou hand. “Waar is ek?” vra jy weer, meer benoud.

 Shaun sug, sak op sy hurke langs jou neer, voel die pols op jou gewrig, en loer dan by jou oë in met ‘n sterker flitsliggie. 

 “Jy’s in, wat ons vermoed, die kelder van die staatsteater se verhoog Michelle. Bly jy nou net kalm, jy’t baie bloed verloor en kan in skok in gaan as jy nou te veel worry en beweeg. 

 

Daar is ‘n gekap en gepraat van mans stemme vêr agter Shaun en jy draai jou kop stadig in daardie rigting. Nòg skerp ligte en beweging. Dit laat jou dink aan die aand wat julle die disco toneel moes opvoer. 

Opvoer? Stadig begin jou brein bietjie helderder word en verstaan jy nou hoekom Shaun praat van die Staatsteater.

 Die pyn in jou rug raak erger, dis ondraagbaar en dit voel of jy kan doodgaan so seer is dit . Jy’s dors en jou lippe voel skurf en taai, gekraak en seer, maar jy roer nie, nes Shaun beveel het. 

 Dan sien jy die gesig van jou redder, die mooiste paar gras-groen oë wat in jou bloues inkyk. Hy smile terwyl hy jou wang liggies in sy groot hand vashou. Dan word alles weer swart en stil. En weer is jy weg…Image

VERKEERSLIG SUPERMARK

 Dis die lekker ding van Suid Afrika. Jy kan jou maandelikse inkopies by die naaste robot doen. Sommer so uit die venster uit. Maak net seker jy’t die regte kleingeld, want jou beusrsie se veiligheid kan nie gewaarborg word nie…

Too bad hulle verkoop nie tampons of sanitêre doekies nie, want dan was my maandelikse kruideniersware sommer maklik afgehandel. Net hier op die hoek…Nou word ek gedwing om Shoprite toe te ry. Hoe sê hulle in Engels? You can’t win ’em all hey…

 

Vir die van julle wat goedkoop dvd’s soek, kontak my, ek weet van ‘n goeie verkeerslig en die verskeidenheid is aangenaam-skokkend. Kyk net eers of die dvd wel in die kassie is voor jy ry ok?…Daar was al gerugte van leë dvd-kassies…ek sê net…

 

En dan is daar die parfuum afdeling. Komaan dames! Chanèl nr 5 teen factory price! Dis nou te sê die Swartmark factory. Maar who cares, dit ruik mos dieselfde? En as jy ‘n allergiese veluitslag kry van die goed, kontak my, ek ken ‘n goeie plastiese shirurg, daar in Vlymskerp straat. Hy staan al lank daar. Alle Boeremag en Polisielede moet asseblief eers deur my ‘n afspraak maak. Julle weet mos maar hoe gaan dit…

 

Vir die mans wat goedkoop karparte soek, look no further. Die Weste van Pretoria is DIE plek om shopping te doen. Hier kry jy alles van uitlaatpype tot bumpers en sockets. Vat liefs jou Alsatian ook saam…So een of twee verkeerslig-klerke ken nie van ettiket nie…En o ja, die wat wel die omgewing goed ken en al hier shopping gedoen het, het julle gehoor Skinner straat se verkeerslig-winkels het almal toegemaak? Ja, die “municipality” bou mos nou ‘n buslaan daar. Ek dink hier kom ‘n ding. ‘n Nuwe era van mobile-shopping. Sommer op die bus. Miskien moet ek dit gaan pattenteer…

 

Maar anyway, laaste, maar nie die minste nie: karwas. As jy te lui is om jou kar se venster, of sommer die hele kar, te was, gryp net jou sleutels en ry om die blok. Sorg dat jy ‘n robot kry wat sopas rooi geslaan het, wink die man nader en voila! Teen die tyd wat dit weer groen is, is jou kar spink-en-span! Maak net seker jy’t ‘n goeie versekering…daar was al gerugte van krap en duikmerke. Ek sê net…Lekker shop julle!Image

POSMAN

 Hy hoor en sien alles

Ken baie lag en hartseer

Doen sy werk getrou elke oggend

Tog stil, maar hoor en sien alles

 

Sy fiets is al oud

Geroes op snaakse plekke

Die wiele kort weer olie

Ook hulle hoor en sien alles

 

Jong man was hy

Toe hy begin trap het

Eens was hy dom en naief

Maar nou weet hy alles

 

Posman se vroutjie

Is lank terug al begrawe

Nou een met die waaiende wind

Sien en hoor ook alles

 

‘n Laaste BriefieImage

Was vandag afgelewer

Hy trap en kyk terug

Na jare van hoor en sien alle

POSMAN

 Hy hoor en sien alles

Ken baie lag en hartseer

Doen sy werk getrou elke oggend

Tog stil, maar hoor en sien alles

 

Sy fiets is al oud

Geroes op snaakse plekke

Die wiele kort weer olie

Ook hulle hoor en sien alles

 

Jong man was hy

Toe hy begin trap het

Eens was hy dom en naief

Maar nou weet hy alles

 

Posman se vroutjie

Is lank terug al begrawe

Nou een met die waaiende wind

Sien en hoor ook alles

 

‘n Laaste Briefie

Was vandag afgelewer

Hy trap en kyk terug

Na jare van hoor en sien alle

ASEM

Image Die blom in jou hare laat my altyd snak

Na my asem

In die donker het ons gedans en was dit op my wang…

Jou asem

 

Jare het ons gedate, in mekaar se arms gelê

Ons asems

Toe val jy op jou knee neer en ek sê ja…

Geen asem

 

Drie mooi jare later verby, toe kom hulle

Twee asems

Soveel geluk en vreugde…

Klein asems

 

Maar tyd was te kort, vir ons geleen

Gesteelde asem

Vier pare hande word toe twee

Tekort aan asem…

 

Die kissies sak af in die grond en hulle is weg

Haal nie meer asem

Gegee, geleen, gevat…

Twee klein asems

 

Die Ballerina en Die Brandweerman – Deel Een

 Dik smeulende rook hang laag oor die middestad vir blokke aaneen. Meeste mense verder weg het die twee ontploffings gehoor, maar die wat nader was, sal nou nooit lewe om die storie te kan vertel nie.

Die storie van die dag toe die Staatsteater in Kerkstraat, tot ‘n hopie pyn verminder is. Ja, die eens pragtige gebou, is nou niks meer as ‘n hoop afval van staal en sement nie, die geraamte van eeue se Kuns en Kultuur daarmee heen. 

‘n Radius van blokke en blokke vêr om die teater is afgesper, wat die stad kompleet soos ‘n spookdorp laat lyk. Êrens in die rook kan mens ‘n verlate boemelaar uitmaak wat in asblikke loop en grou, in die hoop om iets te ete daar te kry, maar dis maar dit, verder niks. Net stilte, rook en die reuk van as en roet in die lug. Ambulaans, brandweer en polisie serenes is in vêrte hoorbaar, maar hulle gaan nog ‘n rukkie vat om tot hier te kom. Die skade is miljoene rande werd, en almal in pretoria weet, na vandag, sal dinge nooit weer dieselfde wees nie…

 

***

7 Maart 2013

Pretoria

 

Jy kan jou opgewondenheid skaars beteul. Vandag is die dag! Die dag waarvoor jy al vyftien jaar wag…en vyftien jaar voor werk! Nie net kry jy die geleentheid om die Prima Balerina in jou gunsteling ballet opvoering te wees nie, maar ook om saam met die Russiese Ballet Kompanie op te tree! Awesome verby, jy’s ‘n “jitterbug” op adrenalien en sien so baie uit hierna… 

 

Almal van jou balletskool wat vandag saam met die RBK optree, is nou saam in die ontklee kamers. Haastig trek jy jou ballet-sykouse en tutu aan en dan die pienk pointe-skoene. Soos meeste van die ander ballerinas, is jou hakskene en tone rooi, vol blase en neraf na al die oefening die afgelope twee weke, maar niemand steur hulle vandag daaraan nie, want vanmiddag is die openings-middag van die Russiese balletkompanie se “Swan Lake”. Almal wat jy kon nooi gaan daar wees…

 

“Meisies!” skree Nathaniel en ‘n paar girls staan giggelend nader. Shame, dit sal hùlle eerste blootstelling ook wees en is duidelik senuweeagtig. Marius, wat die rol van Prins Siegfried vertolk, sleep uiteindelik sy voete daar in, laat soos gewoonlik. ‘n Ongelooflike passievolle danser, maar flippen lui. Hy en Nat loer stilletjies vir mekaar en Nat bloos soos die rooiste tamatie in die kissie. Natuurlik weet almal van hulle love-affair, al dink hulle julle is almal dom.

Versigtig maak jy die laaste lint om jou been vas en staan dan ook nader.

 

“Ek wil vir ieder en elk vandag dankie se vir al julle harde werk en oefening die afelope jaar, maar spesifiek die afgelope twee weke. Ek weet julle gaan my vandag soos ‘n trotse pappa laat voel. Julle girls rock!” 

Nathaniel was regtig die oulikste moffie en die beste ballet-afrigter en choreograaf in Suid Afrika. Onder sý hand het jy en ‘n paar ander girls geblom in pragtige, fyn en professionele dansertjies.

 

“Is jy reg my skat?” vra Nat jou eenkant terwyl jy die finale touches aan jou make-up doen.

“So gereed soos ‘n beer in kraam Nat”, antwoord jy en gaan bewerig aan met jou make-up. Nat smile, gee jou ‘n speelse klap op die gat en stap tipies moffie-style daar weg. “See you afterwards darlings! I’ll have the champagne ready!”

 

Leon, die verhoogbestuurder, kom kondig aan dat julle vyf minute oor het voordat julle moet nader staan verhoog se kant toe. Jy sal saam hulle op stap, maar jou “act” begin eers bietjie later.

Al tien van julle staan gou in ‘n kring en Janine bid , soos altyd voor elke optrede, vir julle talent. Sê dankie vir julle veiligheid en vra Die Hemelse Vader se hand van beskerming oor julle tydens die optrede en daarna.

Dan is dit tyd. Jou hart klop onbeheers vinnig en dit voel of jou kop in honderde verskillende rigtings spin. Dis tyd!

Marius en die eerste act stap verby en dan agtervolg jy hulle. By die verhoogdeur druk julle almal die punte van julle pointe-slippertjies in dans-meel en staan gereed vir wanneer julle moet opgaan.

George, die dirigent, swaai sy arms en die simfonie-orkes begin TImagechaikovsky se meesterlike musiekstuk speel.

 

Jou rol as Odette, die Swan Prinses kom nader en jy doen gou ‘n laaste paar opwarmings-oefeninge voor jy moet optrippel.

Maar dan word alles skielik swart…verwarring en vrees klou om jou hart want jy kan nie beweeg nie…jou oë wil nie oop nie. Jy probeer praat, maar niks kom uit nie. “Help!” roep jy tevergeefs…wat gaan aan? Waar is almal? Hoekom is jou lyf so pap en hoekom is dit so donker? ‘n Warm steekpyn skiet deur jou rug en by jou linkerbeen af. Eina! Eina! Dit voel soos ‘n nagmerrie en jy huil, maar die trane loop nie. 

Alles is stil. Alles is swart. Alles is donker…En dan raak jy weg…

DOOD IN DIE WINKEL

 “Flippen bratt”, dink jy en wens jy kon die kerrie-krulkop vyf-jarige met jou trollie uit die aarde stamp. Too bad haar sumo-wrestler ma en oorgewig papsak pa is in die omtrek. Anders was sy nou tickets. Pad-pizza…

“Skies tog”, vra jy geirriteerd, maar tog beleefd en Papsak kyk jou aan asof jy die onmoontlike vra. Sumo steur haar nie aan jou nie en staar net verder met haar brilletjie op haar neus na die verskil tussen Housebrand tuna en John West se ietwat duurder maak. 

Nes jy gedink het neek sy tien blikke Housbrand in haar trollie en waggel drie treë verder na die bully-beef rak toe. Dit lyk kompleet of hulle shop om ‘n army te voer. G’n wonder die goed is so dik nie. Dis net Coke, tjoklits en chips waar jy kyk.

 Brat suig al te lekker aan haar “man-sized” stokkielekker en die sappies loop behoorlik soos heuning by die kante van haar mond af, en tot jou ontsteltenis, so ook op haar klere, skoene en ag nee sies, jy wil liewer nie verder kyk nie…Nee hel, vandag se ouers het ook geen skaamte meer nie. Nie dat jý kids het nie, maar jòu kinders sal definitief in hulle lewe nooit so vuil winkel toe gaan nie. Ook nie sweets eet nie. Of Coke drink nie.

“Wonder of hulle vandàg nog gaan loop”, dink jy, maar uiteindelik waggel die drie blobbe verder en kan jy ook by die tuna uitkom. 

Twee blikkies John West beland netjies in die hoek van jou trollie langs die tamatieslaai en mineraal water.

 

Dit was ‘n moeilike nag by die hospitaal. Dit is asof die hele land se ouer gaardes vergadering gehou het, en besluit het om gelyk vir hulle heup en knieg vervangings te kom. Die Geriatric Convention by Royal King David Hospitaal. Gratis ingang vir tagtig-jariges en bo.

 

Maar in elkgeval, so is jy toe net na saal rondtes haastig daar uit, in jou Fiesta geklim in na die naaste Pick-n-Pay toe gery om gou jou slaai goedjies te kry voor jy Planet Fitness toe sou gaan. Shop vir tamaties, blaarslaai en water vat toe langer as wat jy gedink het. Te danke aan die drie tuinslakke van vroëer…

 

“Suster, suster!” kom ‘n winkel klerk aangehardloop. “Kom help gou!”.

 “Damnit” dink jy, moes jy nou juis vandag van alle dae gekies het om dit met jou uniform by die winkel in te waag. Jy weet mos hoe mense raak as hulle sien jy’s ‘n suster.

Tog is jou werk jou trots en jy’t ‘n eed afgele. Mensdom eerste.

Haastig agtervolg jy die klerk en so twee rye vorentoe sien jy ‘n paar Croc-voete by ‘n ry uitsteek.

“My man, my man!” skree Sumo. Arme Kerrie staan geskok na haar pa se lewelose lyf en staar, die taai suigstokkie op die vloer in stukke gebreek soos sy hom laat val het.

Jy beveel die winkel-klerk om Kerrie weImageg te vat en om nooddienste te ontbied, val op jou knee langs Papsak neer en ruk sy hemp oop. Jou maer vingertjies voel-voel na daai bekende hoekie waar die nek en kakebeen bymekaar kom. Geen pols! Shibbit! Jy hou jou oor naby sy mond maar hoor en sien ook geen tekens van aktiewe asemhaling nie. Kliniese tekens van ‘n hartaanval. 

 

Die bestuurder van Pick n Pay kom met ‘n noodkussie aangehardloop. 

“Mnr, kry asb hierdie skare mense hier weg” sê jy en beduie na die nuuskurige winkelgangers wat na jou en Papsak staan en staar. Bewerig zip jy die noodhulp-tassie oop en kry die asemhalings-aparaatjie wat ‘n barrier tussen jou en papsak se mond gaan wees.

‘n Hele halfuur doen jy KPR op die man, maar naderhand kan jou arms dit nie meer hou nie en papsak wil net nie bykom nie. Jou stokkie-arms sukkel om behoorlike kompressies op die vet man te doen, maar jy gee nie een oomblik op tot die nooddienste uiteindelik daar opdaag en kom oorvat nie. Jou sykouse is deurgeskuur by die knee soos jy langs hom gestaan het, en trane van frustrasie brand jou oë. Die paramedics het intussen oorgevat, maar dit voel of jy van ‘n brug af kan spring. Jy’t nog nooit ‘n pasient verloor nie, en dit was duidelik dat Papsak klaar dood was. 

Saggies help die klerk van vroëer jou weer op jou voete en staan julle twee en kyk hoe hulle Papsak nou op die ambulaans stretcher laai om weg te vat. Sumo is buitebeheer en histeries agterna en vergeet heeltemal van arme Kerrie in die bestuurder se kantoor. 

 

Pick n Pay se bestuurder lei jou na sy kantoor toe en julle is altwee verbaas om daar in te stap en arme Kerrie nog daar te sien sit, ogies bloedrooi gehuil.

 

“Is my pappa ok tannie?” vra sy meer volwasse as vir haar vyf jaartjies. Warm sout-trane loop by jou wang af en nie jy OF bestuurder weet wat om te se nie. Al waaraan jy kan dink is om langs haar te gaan sit en die taai sweetie-handjie in joune te vat…